Tuesday, October 17, 2017

Seminarie koshuis dinee

Seminarie koshuis se jaarlikse dinee was ‘n groot sukses.
Op Dinsdag, 10 Oktober 2017, het die graad 11 leerders van die koshuis seker gemaak dat die matrieks hul laaste dinee sal onthou. Al die matriek meisies het hul matriekafskeid rokke aangetrek om die mooiheid weereens af te wys. Met Jacques Groenewald se speaker wat kliphard deur die gange bars, was die aand definitief een vir die boeke. Die kos was heerlik, die saal was pragtig en die meisies het die aand vreeslik geniet.

Die koshuis meisies sal altyd die matrieks van 2017 onthou en in hul harte hou.

No comments:

Post a Comment