Monday, October 30, 2017

Bloed skenk


Vrydag, 27 Oktober, was dit weer tyd vir Worcester Gimnasuim se leerders om op hulle tande te kners en die gevreesde naald aan te durf. Leerders oor die ouderdom van 16 en wat ook die bepaalde gewig is ( 50 kg) het na die ou-saal gestroom om deel te wees van hierdie wonderlike heldedaad. Om bloed te kan skenk moet jy seker maak jy eet 'n groot ontbyt (dis die tyd om vir jou ma vir daardie spek en eiers te vra) die oggend voor jy skenk.Jy moet ook gedurende die dag baie vloeistowwe inneem om seker te maak jy dihidreer nie. Vir die wat nie Vrydag deel was van die bloedskenk nie, hier is 'n opsomming van die gebeure.

As jy in die ou-saal instap word jy begroet deur 'n paar bekende gesigte (die bloedkliniek prefekte) wat jou darm gerus stel oor die takie wat vir jou wag. Hulle help jou ook om 'n vraelys in te vul wat deur die bloedkliniek opgestel is, om meer van jou persoonlike besonderhede uit te vind. Jy word op grond van jou antwoorde daarop dan goedgekeur of afgekeer. Daarna word jou vinger vinnig geprik om jou yster te toets en dan is jy gereed om daardie swart stoeltjies aan te durf. Die verpleegsters verduidelik dan baie mooi hoe die skenkery gaan werk en al die gevaartekens.  Nadat hulle die naald in jou arm gedruk het, is dit bloot 'n formaliteit. Daar word een eenheid (ongeveer 350ml) van jou bloed getrek. Vir almal verskil dit dan hoe lank hulle daar moet sit, alles hang af van hoe vinnig jou bloed vloei.

As alles verby is, kom die oomblik waarvoor meeste mense bloedskenk. Die lekker koekie, sappie en sonbrille wat jy dan otvang. Natuurlik ook die wete dat jy drie mense se lewens gered het. Mense word aangemoedig om bloed te skenk aangesien daar 'n groot tekort is veral gedurende die fees seisoen.
Wees 'n held en skenk bloed!

No comments:

Post a Comment